Ons Visie
Ons is ‘n gemeente wat leef as liefdevolle ligdraers vir ons stad en sy mense. Om as God se kinders ‘n geestelike tuiste
vir Afrikaanssprekendes te skep waar ons dienend omgee vir alle mense en so uitvoering gee aan Christus se opdrag om dissipels van
alle mense te maak.
Ons Missie
Ons wil hê dat mense ons moet ervaar as biddende dissipels wat :
† Onself gee as lewende
offers
† Onvoorwaardelik liefdevol is
† Feesvierend uit God se genade leef
†
Absoluut vertrou op die Here
† Sterk en vasberade in Christus leef
Kopiereg © 2010 ACK Howick. Alle Regte Voorbehou
Vir navrae en kommentaar e-pos ons gerus op webmeester@ackhowick.co.nz
† ACK erken die Doop en die Nagmaal as sakramente deur Christus ingestel.
† Die teken van water by die doop is 'n teken van die afwassing van sonde en die nuwe lewe in Christus en inwyding in die liggaam van Christus.
† Die simbole van brood en wyn by die nagmaal is teken van Christus se ligaam wat gebreek is en die bloed wat vergiet is en herinner aan God se voorsienigheid en liefde.
† Die bedienigheid van die nagmaal geskied deur 'n leraar waar ten minste een kerkraadslid teenwoordig is en woordverkondiging ook plaasvind.
† Die doop word deur die leraar bedien met water in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.
† Die kerk aanvaar beide die verbonds en bekeringsdoop as gestaltes van die sakrament. Kinders kan nagmaal gebruik onder die ouers se toesig.
Kliek op die "Laai die afkondigings af" om die week se afkondigings af te laai wat weekliks by die kerksaal uit gedeel word.
Die blaadjie word deur Ina van der Merwe opgestel, so enige afkondigings wat op die blaadjie moet verskyn kan vir haar
gestuur word per epos
skriba@ackhowick.co.nz
Hartlik welkom in ons gemeente. Vul asseblief die vorm in en plaas in die posbus op die staander in die portaal.