Ons Leraar
Ons Missie
 
Ons wil hê dat mense ons moet ervaar as biddende dissipels wat :
 
    † Onself gee as lewende offers
    † Onvoorwaardelik liefdevol is
    † Feesvierend uit God se genade leef
    † Absoluut vertrou op die Here
    † Sterk en vasberade in Christus leef
Kopiereg © 2010 ACK Howick. Alle Regte Voorbehou
Vir navrae en kommentaar e-pos ons gerus op webmeester@ackhowick.co.nz
Die leraar van ACK Howick en sy gesin het in November 2009 by ons aangesluit vanuit Suid-Afrika. Hy het aan die Universiteit Stellenbosch studeer en is sedert 1992 in die voltydse bediening. Hy het verskillende gemeentes in die Noordelike provinsie, Vrystaat en die Oos-Kaap bedien. Die mees resente gemeente was in Alexandria, noord van Port Elizabeth.

Ds Freek speel graag golf, swem by geleentheid vir oefening en lees voortdurend. Hy is verder betrokke by die Gemeenskap op verskeie terreine. Hy is ook tans die skriba van die Algemene vergadering van die ACK in Nieu Seeland.

Shelmaine is ‘n Maatskaplike werker van beroep en ‘n Bolander van geboorte. Sy is ook tans die voorsitter van die Vrouediens. Die gesin bestaan verder uit twee tienerdogters Hanneke en Mieke. Beide van hulle is leerders verbonde aan plaaslike skole.

As gesin het hulle goed aangepas in Nieu Seeland en is gelukkig in die gemeente. Hulle roeping is om gehoorsaam die Here te volg van dag tot dag.
Agtergrondskets tov Ds Freek Terblanche
TUISBLAD
KALENDER
PREKE
FOTO'S
KONTAK ONS
ONS LERAAR
ACK GESKIEDENIS
HOWICK GESKIEDENIS
WIE IS ONS
EREDIENS
FINANSIES EN ADMINISTRASIE
GEESTELIKE LEIDING
UITREIK AKSIE
WYKSGROEPE
JEUG & JONGMENSE
BEDIENING
SAKRAMENTE
AANSOEK OM LIDMAATSKAP
WEBSKAKELS
AFKONDIGINGS
INLIGTING